SOETDORING GELEENTHEIDSFONDS Hulp in tye van nood  

Written by elsabe. Posted in Community

BRITS POS – BRITS – Die Soetdoring Geleentheidsfonds (NPC2016/318890/08), is ‘n nie-winsgewende organisasie, wat ten doel het om behoeftige mense in Brits en die omgewing op te hef en in tye van nood te ondersteun.

Onder die dinamiese leiding van Elsa Lourens, direkteur van die Soetdoring Geleentheidsfonds, het die organisasie sedert 2016 van krag tot krag gegaan. Elsa, in samewerking met vrywilligers, het ook twee WEN-projekte (Werk en Neem), in Brits en Sonop, asook die Sonstraaltjie Kleuterskool as begunstigdes van die fonds aangeneem. By die kleuterskool ontvang kinders daagliks twee etes en al hulle skryfbehoeftes word deur middel van skenkings voorsien.

Die organisasie diens weekliks ongeveer 250 gesinne, insluitend die wat tussen werk is, bejaardes en mense wat nie ligaamlik mobiel is.

Nou, gedurende die grendeltyd kan geen van dié projekte gefasiliteer word nie, maar Elsa en vrywilligers het letterlik hul moue opgerol en ingespring om die kos op die tafels van mense in nood sit.

“Sedert die begin van die inperking het ons al meer as 183 kospakkies uitgedeel. Kospakkies bestaan uit basiese noodsaaklikhede asook brood melk groente en vleis,” sê Elsa. “Ons is voltyds besig om in die groeiende hoeveelheid mense in nood, se behoeftes te voorsien. Om dié soort hulp te verleen is om totaal afhanklik van donasies. Sonder die onbaatsugtige bydraes en donasies van weldoers sou dit nie moontlik gewees het om die nood in ons gemeenskap te kon verlig nie.”

“Ons doen ‘n beroep op besighede, boere en individue om met skenkings en donasies te help.”

Vir enige navrae skakel Elsa Lourens by 064 664 2060.

Soetdoring se bankbesonderhede:  

Soetdoring Geleentheids Fonds

Standardbank Tjek rekening.

Tak kode: 052546

Rek no : 242967493