Kuierkidz bedank gemeenskap

Posted in Letters

Die Redakteur

Sonder die ondersteuning en liefde van besighede en die publiek in ons omgewing kan die Kuierkidz Leersentrum vir breingestremde kinders in Harties nie oorleef nie en daarom bedank ons elkeeen vir al die jare se omgee en ondersteuning.

Sedert die sentrum sy deure in 2008 (vir twee kinders)oopgemaak het, gaan dit van krag tot krag gegaan, maar nie sonder heelwat uitdagings nie. Die Here het ons deurgedra en vandag is ons 25 kinders sterk.

Die gewilde Kuierkidz-gholfdag waaraan talle spelers deelneem, vind aanstaande maand 10 Maart by die Seasons-gholfbaan plaas. Hiermee poog ons om die sentrum se oorhoofse kostes te help dek. Spelers wat belangstel of borge wat betrokke wil raak, kan Ilze van Coller by 079 886 9347 skakel.

Kuierkidz Leersentrum is ‘n nie-winsgewende maatskappy en word bedryf vanuit ’n huis in Schubertstraat 58 Melodie, Hartbeespoort. Hier het die kinders, wat andersins geen heenkome het nie, ’n daaglikse plek van veiligheid. Ons droom is om hierdie huis aan te koop en om dit in ’n permanente tehuis en dagsorg-fasiliteit vir breingestremde kinders te omskep. Vir meer inligting skakel gerus met die skoolhoof, Rene van Zyl, by by 082 789 2572.

Rene van Zyl (Skoolhoof).