Reformasie 500: Laat die klokke beier!

Posted in Letters

Die Redakteur

Die viering van 500 jaar sedert die kerkhervorming, is vir al ons kerke en geloofsgemeenskap ‘n geweldige belangrike mylpaal.

Pretoria FM as radiostasie het in sy kwarteeu van bestaan ‘n netwerk van samewerking met Suid-Afrikaanse kerke in die gereformeerde tradisie opgebou en vir ons is die viering van die Reformasie ‘n groot geleentheid tot dankbaarheid.

Ons nooi almal uit om in die vreugde van die feesjaar te deel deur op 31 Oktober om 06:45 deel te neem aan die lui van die kerk se klokke. Ons wil graag soveel moontlik kerke regoor die land aanmoedig om die projek te ondersteun.

Indien daar gemeentes is wat hieraan wil deelneem, stuur gerus ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Met dank

Dr Christo Pretorius (Uitvoerende direkteur: Godsdiensprogramme: Pretoria FM