Motordiefstal, wees gewaarsku

Posted in Letters

Die Redakteur,

Nadat my motor (Mazda Sting, reg: DLJ303 NW) verlede week in die parkeerarea by Brits Distrikshospitaal gesteel is, wil ek graag die gemeenskap van Brits waarsku om seker te maak dat motors ten alle tye veilig is en met die nodige alarmstelsels toegerus is.

Ek vra die lesers ook asseblief om op die uitkyk vir my motor te wees. Persone met inligting kan my by 0795761241 skakel.

Baie dankie

Karloos