Wat is by lisensiekantore aan die gang?

Posted in Letters

Die Redakteur,

Dit is werklik onaanvaarbaar dat wanneer mens jou bestuurslisensie moet hernu, dit soveel tyd en rompslomp in beslag neem.

Ek was die laaste drie weke elke week daar net om by die hek te hoor dat ek maar moet omdraai aangesien die kantore van lyn af is.

Vroeër vandeesweek was ek weer soos al die vorige kere lank voor agt uur daar, maar die keer is ek deur die sekuriteitswag weggewys en gesê dat ek die volgende dag weer moet kom wat hulle kan net 30 persone per dag help!

Dis totaal onaanvaarbaar, ek het nie elke dag die tyd om daarheen te gaan en te hoop ek is dalk vandag die gelukkige een wat gehelp kan word nie.

My vraag is nou net, wat gebeur indien ek deur verkeersbeamptes voorgekeur word? Wat sê ek vir hulle hoekom my lisensie verval het? Hulle sal my mos nie glo nie en waar moet ek die geld kry om ‘n boete te betaal wat nie my skuld is nie?

Ek en soveel ander mense het vrae, maar niemand kan antwoorde gee nie. Ek is moedeloos want al die hoekoms en waaroms gaan nie my lisensie hernu nie!

Moedeloos en verbitterd

Amelita Ras