Daar ís nog goeie mense

Posted in Letters

Redakteur

Ons was Saterdag, 24 November weg om inkopies te gaan doen toe skelms die hekmotor by ons huis oopgebreek en die battery gesteel is en ons nie by die erf kon inkom nie.

Ons het ons sekuriteitfirma en Road Assist gebel, wat nie een beskikbaar was nie. Met ons groot nood het ons uit desperaatheid vir Frans Insleepdiens gebel en Manus en sy seun Jaco, het hulle braaifunksie gelos en ons te hulp gesnel. Binne 15 minute het hierdie ‘barmhartige samaritane’ oor die elektriese heining gespring en die motorhek oopgemaak sodat ons toegang tot ons huis kon kry.

‘n Groot dankie, julle is puik.

Frik Lemmer