Hospice het jou hulp nou nodig

Posted in Letters

Redakteur

Die Brits-Hartbeespoort Hospice is alombekend aan baie van die inwoners wat deur die jare die toegewyde versorging van hospice ervaar het.

Versorging word aan pasiënte wat palliatiewe sorg benodig, gegee en die familie word emosioneel ondersteun.

Brits-Hartbeespoort Hospice is hoofsaaklik afhanklik van donasies uit die gemeenskap, individue, besighede en instansies.

Sonder hierdie ondersteuning kan ons hospice nie hierdie belangrike diens aan die gemeenskap lewer nie en sonder finansiële ondersteuning sal hospice se deure moet sluit.

Tans is daar 121 pasiënte wat uiters siek is en dringend versorging benodig.

Daarom versoek ons alle individue, organisasies, kerke en maatskappye om asseblief op welke wyse bystand te verleen.

Vir meer inligting kontak vir Lynette Janse van Rensburg 012 252 4133 / 083 536 6997.

Brits-Hartbeespoort Hospice