Teleurgestelde vragmotorbestuurder

Posted in Letters

Die Redakteur,

Ek is ‘n vrou en is al vir meer as 20 jaar ‘n kode 14-vragmotorbestuurder mét ‘n geldige Public Driving Permit (PDP)-lisensie.

Ek is werkloos en het al by verskeie besighede/maatskappye, wat poste vir kode 14-bestuurders adverteer, aansoek gedoen, maar groot maatskappye het my reguit gesê hulle stel nie vroue as vragmotorbestuurders aan nie.

Ek is tog ‘n bekwame vragmotorbestuurder wat gedurende die afgelope 20 jaar my werk as bestuurder foutloos gedoen het.

Hoekom nou, na al die jare is ek as vragmotorbestuurder nie meer goed genoeg nie? Is dit omdat ek ‘n vrou is? Tel al die jare se ondervinding geen punte nie?

Ek wil graag die werk doen waarvoor ek gekwalifiseerd is, maar kry net teenstand. Moet ek nou eerder ‘n karton om my nek hang en staan en bedel vir geld?

Hartseer en teleurgesteld