Dankie vir professionele wondsorg en puik diens

Posted in Letters

In Januarie 2019 is ek met blaaskanker gediagnoseer. Op 6 Maart 2019 word my blaas verwyder en ek word met ‘n stomasakkie toegerus wat weekliks geruil moet word.

Ek is na Vita Nova Wondsorgeenheid in Brits verwys en op 18 Maart 2019 was dit my eerste besoek. sr. Marieta Swart het my vriendelik verwelkom en behoorlik oor die pad vorentoe ingelig.

Alhoewel ek baie gespanne was oor die eerste ruiling van dié onbekende stomasakkie, het sr. Marieta my verduidelik wat elke stap behels, asook waaroor die operasie gegaan het en wat die doel van die stomasakkie is.

Sy was deurgaans professioneel en lewer met toewyding ‘n uitstekende diens aan pasiënte met ernstige wonde.

Op 15 Julie 2019 word ek met pelviskanker gediagnoseer en weer eens het sr. Marieta my ingelig en verduidelik wat die bestraling en chemoterapie gaan behels.

Almal by Vita Nova het my deur hierdie tyd, met belangstelling en ondersteuning ontvang.

‘n Jaar van professionele versorging, behandeling en gemoedsrus wat julle, as span by Vita Nova vir my gegee het, beteken ontsaglik baie.

Baie dankie Marieta, Hanlie, Linky, Miemie, Hannelie, Mmathepelo, Connie, Ingrid en Diana - julle is tops!

 

My opregte waardering

Willem van Staden