Baie dankie weldoeners

Posted in Letters

Die Redakteur

Ek wil net graag my dank betuig teenoor alle weldoeners wat in Desembermaand by die Liggie Huis gesorg het vir al die eetgoed en geskenkies wat ons kinders gekry het. Baie baie dankie, was dit nie vir julle nie sou daar nie iets onder hulle (die kinders) se boom gewees het nie. Dankie ook aan die person/persone wat gesorg het dat ons dogter vanjaar met nuwe skoene en ‘n tas kon skooltoe gaan.

Dankie uit my hart uit ook aan ons Hemelse Vader vir mense soos julle.

Groete,

Trudie.

Eskom kan verhoging van tot 17% eis

Posted in Letters

Die Redakteur

Eskom vry vanjaar na ’n moontlike elektrisiteittariefverhoging van tot soveel as 17% - ’n moontlike besluit wat Suid Afrikaners laat rooi sien.

Dít volg nadat Eskom in November 2015 hul aansoek om R38-miljard te verhaal (wat hulle op 31 Maart 2015 ingedien het), onttrek het en in ’n vreemde stap ’n nuwe aansoek ingedien het - sonder om voldoende rede daarvoor te gee óf die voorgeskrewe proses te volg.

Die proses behels kortliks dat Eskom kwartaalliks aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) ’n verslag oor hul finansiële sake moet indien wat oor ’n jaar strek. Dié kwartaallikse verslae word dan gebruik om moontlike prysverhogings meer akkuraat te voorspel en vroegtydig aan verbruikers deur te gee.

Eskom het in 2015 vir ’n 25%-verhoging in elektrisiteittariewe versoek, maar NERSA het dit afgekeur nadat die publiek, korporatiewe Suid-Afrika en ander organisasies teen die voorgestelde verhoging beswaar aangeteken het - dit is die mag wat ons het as ons saamstaan.

Die openbare verhore van Eskom se aansoek word op 4 en 5 Februarie tussen 08:30 en 17:00 by die Gallagher Konferensiesentrum in Richardsweg, Midrand gehou.

Daar vind ook ander openbare verhore buite Gauteng plaas en die openbare en privaat sektor word aangemoedig om die volledige rooster aan te vra deur me Mogoai by 012- 4014715 te skakel. Die volledige rooster is ook by AfriSake beskikbaar.

Stefan Pieterse (Nasionale woordvoerder AfriSake).

Voorgestelde wetgewing oor e-tol teengestaan

Posted in Letters

Die Redakteur

AfriForum het sy steun by talle ander organisasies soos die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Opposition to Urban Tolling Alliance of OUTA) gevoeg deur die voorgestelde wysigings aan wetgewing oor e-tol te kritiseer, wat op 7 Desember 2015 in die staatskoerant gepubliseer is.

Die kennisgewing in die staatskoerant voer aan dat persone wat nie tolgeld betaal nie verkeerswetgewing oortree.

Dit is niks anders nie as ’n agterbakse plan deur die regering om die mislukte e-tolprojek deur die misbruik van wetgewing te probeer red.

AfriForum is steeds van voorneme om enige lid by te staan indien SANRAL die lid sou dagvaar om sy uitstaande e-tolgeld te betaal.

Henk Maree (Nasionale woordvoerder AfriForum - 0832802470).

Droogte én aanvalle bedreig produsente en plaaswerkers

Posted in Letters

Die Redakteur

Die knellende droogte wat tans heers in die graanverbouingsgebiede van die land, is nie die enigste aspek wat produsente op grondvlak se voortbestaan bedreig nie. Die voortslepende afmetings wat plaasaanvalle aanneem, is ʼn bekommernis vir die graanhanteringsketting.

Suid-Afrika se graanhanteringsketting is direk afhanklik van primêre produsente wat voldoende en veilige voedsel produseer om die nasie te voed. Ons is egter saam met die landbougemeenskap bekommerd oor misdadigheid in die platteland wat lei tot die voortslepende aanvalle op produsente en hul werkers.

As verteenwoordigende organisasie van die land se graanhanteerders, voeg die Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika (GOSA) sy stem by die noodkreet aan die regering deur landbouers en hul werkers. Die media berig nou weekliks van misdadige aanvalle op produsente én plaaswerkers - die regering sal die erns van die saak moet besef en iets daadwerkliks aan die situasie doen.

Annatjie Loio (President van GOSA).

Pain for motorists at pumps

Posted in Letters

The Editor

Motorists are set to feel the first direct impacts of the unexpected removal of finance minister Nhlanhla Nene and the resulting exchange rate chaos.

According to unaudited fuel price data released by the CEF, petrol is largely unchanged, with diesel due for a substantial drop of up to 50 cents a litre, while illuminating paraffin is down by 43 cents. Without the current Rand weakness, these drops would have been up to 20 cents higher.

Although the Rand has recovered some of its losses, the current flattering fuel price picture is solely due to continued weak oil prices. We can therefore be grateful that oil prices remain weak, and that the Rand recovered some ground following the re-appointment of Pravin Gordhan as Finance Minister last Sunday.

However, we are cautious of pinning our hopes on further drops in the oil price, especially since the month still has 13 days to run. We don’t think the Rand’s recent weakness has yet been fully reflected in the fuel price, and if oil prices tick up, the results could make for a very bleak new year for South African motorists and commuters.

We advise motorists to moderate their expectations of a fuel price drop in January.

Automobile Association of SA.