Verlore ID-kaart gevind

Posted in Letters

BRITS POS - BRITS - Die verlore ID-kaart van Edric Ontlhabanetse Mololomme is vroeër vandeesweek by die kantore van Brits Pos, in Ludorfstraat 52, Brits ingehandig, waar die eienaar daarvan dit kan kom opeis.

 

Pretdag ten bate van Hekkie

Posted in Letters

Die Redakteur,

Ons nooi almal in die omgewing uit om die 4x4 Pretrit-dag, ten bate van Hekkie Grobler (12) te ondersteun.

Hekkie is onlangs met Leukemia gediagnoseer en fondse wat tydens die dag ingesamel word, word aan die Beenmurg vir Hekkie-projek geskenk. Die 4x4 pretdag vind op 7 November by Piesangkloof 4x4 Trails, Plaas G10, Boschfontein, Magaliesberg, plaas.

Ons beplan ‘n gesellige gesinsdag, met heerlike eet- en drinkgoed asook verskeie ander stalletjies (uitstallers is welkom om artikels gratis te kom uitstal). Donasies, borge en skenkings is welkom. Kontak my gerus by 0844090217 vir meer inligting.

Baie dankie

Maritza Els.

Feite rakende L/S De Kroon se bus

Posted in Letters

Die Redakteur,

Graag wil die Beheerliggaam van Laerskool De Kroon die gemeenskap van Brits en omgewing inlig dat die skool sedert Augustus 2014 nie meer ‘n bus het wat ‘n roete deur die dorp ry nie.

Ons versoek dus die publiek om asseblief alle op/aanmerkings rakende die skool en die bus te staak en hulself eers van die ware feite rakende die bus bewus te maak, alvorens daar op sosiale netwerke verkeerde inligting versprei word.

Die Beheerliggaam nooi enige persoon uit om die skool by 0761912308 te kontak om die korrekte inligting rakende die bus te kry.

Beheerliggaam (Laerskool De Kroon).

R511 by Hennops weer skoon!

Posted in Letters

Die Redakteur

Die AfriForum-tak in Hennopsrivier-landelik het die R511-pad in die opgewing verlede week skoongemaak as deel van die burgerregte-organisasie se 10 Dae van Selfstandigheid, wat die lewering van munisipale dienste in dorpe regoor die land behels.

Die pad is twee jaar laas skoongemaak. Dit is ’n seer oog in die landelike gebied en die gemeenskap het besluit om die pad self skoon te maak. Die koste van die projek beloop sowat R8 400 en is deur die gemeenskap befonds. 

Sulke aksies is nodig, omdat plaaslike regerings hul grondwetlike pligte versuim. Gemeenskappe moet selfdoen-projekte aanpak. Rommel hou ’n besoedelingsgevaar vir die natuurlike omgewing in, maar ook vir mense en daar moet teen die storting van ongewenste materiaal opgetree word.

Die 10 Dae van Selfstandigheid is aangepak in aanloop tot Saterdag, 10 Oktober, wanneer Solidariteit sy Toekomsberaad in Pretoria hou. Tydens dié beraad gaan omvattende planne bekend gemaak word om die resolusies van die Krisisberaad van 5 Mei te verwerklik. 

Izak Pieterse (AfriForum-tak).

Prostitution to become a career choice?

Posted in Letters

The Editor

We as mothers and parents are very unhappy after reading about Government’s plan to legalize prostitution.

In 2010 people started speaking of making prostitution legal because of the 2010 soccer tournament that was coming to South Africa. It was because of this that we collected signatures from almost 50 000 people, from across the country, who were totally against this idea. If our people did not want prostitution then, they do not want it now, and we cannot believe that our leaders are even thinking of trying to go ahead with this again! We have read all of the reasons why these people say that we should make it legal to be a prostitute - but they do not make any sense to us at all. They say that to work as a prostitute, is actually a real job. Does that mean that when our children grow up they can decide that they would like to be a prostitute if they cannot find a job doing some other work? There is so much unemployment that soon half the country will be working as prostitutes!

The parents and people of South Africa do not want this terrible thing in our communities. We still don’t know why people are coming from other countries to tell us what we should do here, in our own home. We do not want our sons and daughters to become prostitutes or to die from visiting prostitutes, because they were told that prostitution is safe and legal.

Yours faithfully

Mamazane Maphanga (Concerned Young People of SA - www.cypsa.org.za).