Bid saam vir genesing in Suid-Afrika

Posted in Letters

Geagte redakteur

Suid Afrika ondervind geweldige groot probleme op talle vlakke en het genesing dringend nodig. Alleen ‘n Bonatuurlike ingryping kan dit doen. Dit is die boodskap en visioen van It’s Time To Pray en ons vra almal om die webtuise www.itstimetopray.co.za vir meer inligting te besoek.

Baie dankie .

Cobus Pieterse

 

Braam sê dankie

Posted in Letters

Geagte Redakteur

Hiermee my opregte dank en waardering vir almal se goeie wense, belangstelling en ondersteuning tydens my deelname aan die pas afgelope International Federation of Body Building and Fitness se SA's! Met dankbaarheid kan ek rapporteer dat ek in die Top 6 geplaas het en dat ek verlede week 'n uitnodiging ontvang het na die gesogte Arnold Classic Africa Kompetisie wat van 18 tot 20 Mei 2018 in Johannesburg gehou word.  Deelname aan hierdie kompetisie is slegs per uitnodiging en Arnold Schwarzenegger woon self die verrigtinge by.