Sewe damme propvol

Posted in Weather

BRITS POS – BRITS – Damme in ons opvangsgebied se watervlakke is baie hoog en die departement van waterwese in Hartbeepoort het Dinsdagoggend bevestig dat daar tans sewe damme is wat 100% en meer vol is.

Vir die komende week word daar matige en koel weer voorspel. Eerskomende Maandag en Donderdag word ook goeie reën voorspel. Die moontlikheid van swaar reën en donderstorms word nie uitgesluit nie.

Die temperature volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is:

Donderdag 15˚ tot 22˚, Vrydag 14˚ tot 26˚, Sondag 15˚ tot 28˚, Maandag 17˚ tot 27˚, Dinsdag 17˚ tot 23˚, Woensdag 15 tot 25˚ en Donderdag 15 tot 23˚.

Die statistieke van damme, soos deur die departement van waterwese in Hartbeespoort verskaf, is:

Hartbeespoort (98,7%), Bon Accord (106,3%), Olifantsnek (31,9%), Rietvlei (100,5%), Buffelspoort (100,4%), Bospoort (102,4%), Lindleyspoort (41,4%), Roodeplaat (101,0%), Kosterrivier (55,7%), Klipvoor (100,6%), Swartruggens (103,1%), Vaalkop (94,8%), Roodekopjes (99,1%), Marico-Bosveld (36,2%), Klein Maricopoort (17%), Kromellenboog (31,2%), Sehujwane (94,5%) en Madikwe (79,6%).