Damstande lyk baie goed  

Posted in Weather

 

BRITS POS – BRITS – Meeste damme in ons opvangsgebied se watervlakke is hoog en die departement van waterwese in Hartbeepoort het Dinsdagoggend bevestig dat daar tans ses damme is wat 100% en meer vol is.

Goeie reën het Dinsdagaand oor ‘n wye gebied hier in ons omgewing geval.

Vir die komende week word daar matige en koel weer voorspel. Gedurende die naweek kan daar ligte reën verwag word.

Die temperature volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is:

Donderdag 10˚ tot 25˚, Vrydag 14˚ tot 23˚, Saterdag 16˚ tot 24˚, Sondag 16˚ tot 24˚, Maandag 15˚ tot 24˚, Dinsdag 14˚ tot 26˚, Woensdag 13 tot 25˚ en Donderdag 14 tot 27˚.

Die statistieke van damme, soos deur die departement van waterwese in Hartbeespoort verskaf, is:

Hartbeespoortdam geleë in die Krokodilrivier (97,5%), Bon Accorddam geleë in die Apiesrivier (104,8%), Olifantsnekdam geleë in die Hexrivier (31,9%), Rietvleidam geleë in die Hennopsrivier (100,1%), Buffelspoortdam geleë in die Sterkstroomrivier (100,5%), Bospoortdam geleë in die Hexrivier (102,6%), Lindleyspoortdam geleë in die Elandsrivier (43,6%), Roodeplaatdam geleë in die Pienaarsrivier (100,8%), Kosterrivierdam geleë in die Kosterrivier (55,8%), Klipvoordam geleë in die Pienaarsrivier (100,9%), Swartruggensdam geleë in die Elandsrivier (102,0%), Vaalkopdam geleë in die Elandsrivier (97,8%) en Roodekopjesdam geleë in die Krokodilrivier (94,5%).