SOLARIDITEIT HELPENDE HAND SOETDORINGTAK - Tassie-projek 2022 ‘n reuse sukses

Posted in Latest News

BRITS POS – BRITS – 82 graad eentjies het vanjaar wéér baat gevind by Solidariteit Helpende Hand Soetdoringtak se jaarlikse Skooltassie-projek.

Dit is nie leë tassies nie. “Die projek is daarop gemik om behoeftige Graad Eens te bemagtig om op dieselfde vlak as hul klasmaats die jaar af te skop,” vertel Jolanda Louwrens, voorsitter van die Soetdoringtak, “en elke tassie is met skryfbehoeftes en hulpmiddels gevul, wat verseker dat elke Graad Een die geleentheid het om sy of haar potensiaal te verwesenlik. Dit is vir ons ‘n seëning om projekte soos dié aan te pak.”
Indien jy belangstel om by die dinamiese tak betrokke te raak of aan te sluit en ‘n verskil in jou gemeenskap te maak, kontak nog vandag vir Jolanda by 061 054 4194.