JO BLACK Hier net vir jou!

Posted in Latest News

BRITS POS – DE KROON – Jy wou nog altyd vir Jo Black sien optree en vir bykans twee jaar was dit neusie verby. Nou het jy die kans om dié man met ‘n passie vir mense en ‘n fluweelstem in lewende lywe te sien optree by Laerskool De Kroon se sportveld, Saterdag, 5 Maart 2022.

Die hekke open 16:00 en die vertoning begin om 18:30. Kom luister na treffers soos Skepe, Voel jy die genade, Bring die hoop weer terug, om maar net ‘n paar te noem. Jou plekkie wag daar op die groen gras en al wat jy moet doen is om jou kaartjies te koop en dan bring jy jou piekniekmandjie, stoele en ‘n kombers. Ondersteun gerus die kos- en koeldrankstalletjies of die kroeg vir besoekers wat ekstra dors gaan raak.
Indien jy een van die bevoorregtes wil wees, kan jy as BBP of te wel ‘baie belangrike persoon’ gedurende die voorvertoning saam met Jo Black braai en skouers skuur. Danny Smoke is die verrassing - ‘n bewese sanger wat al langer as 20 jaar in die bedryf is en hy kan ‘n kitaar tokkel dat jou tone van lekkerkry omkrul. Hy beskik ook oor ongekende musiekproduksievaardighede. Moenie hierdie geleentheid misloop nie.
Kom en ondersteun Laerskool De Kroon in hierdie grootse poging van The Traveler Tour.
Die kaartjies is bekostigbaar - volwassenes: R130/persoon; tieners (13-17jaar)/ R100 elk en kinders (2 tot 12 jaar)/R50 elk.
Die BBP Braai Pod op Weber-braaiers is beskikbaar teen slegs R2000 vir vier persone wat kruisskyf (rump steak), bykosse en 4 drankies per persoon insluit – en onthou, dan braai jy saam met Jo!
Kaartjies is by Laerskool De Kroon en iTickets beskikbaar. Wikkel nou om joune te kry! Vir enige navrae, kontak Laerskool De Kroon by 012 001 4380 tydens skoolure of Alex Theron by 074 125 2082.