Hartbeespoort-pad gesluit

Posted in Latest News

BRITS POS – BRITS – Motoriste moet kennis neem dat die pad vanaf die Engen Vulstasie by die Damdoryn-kruising, oor die damwal tot by die Slangpark in Scottstraat, Schoemansville vanaf Maandag 23 Mei 2022 tot Donderdag 26 Mei 2022 gesluit sal wees.

Gedurende die tyd sal die departement van water en sanitasie, instandhouding en opruimingswerk in en om die Hartbeespoortdam doen.
Die pad sal weer Vrydagoggend 27 Mei 2022 oopgestel word en motoriste word gevra om geduldig te wees en alternatiewe roetes te gebruik.