Elies sit hulle beste hoede op

Posted in Latest News

BRITS POS – MOOINOOI – Leerlinge van Laerskool Elandskraal het verlede Vrydag die geleentheid gekry om Oesdag 2022 te vier. Saam met Jolanda Louwrens van Solidariteit Helpende Hand kon die leerlinge, in die gees van omgee, nie-bederfbare items saambring skool toe vir die skool se hulpspens en ‘n oorspronklike hoed opsit. Aan talent was daar nie ‘n tekort nie.

Wat dit verder interessant gemaak het, is dat die ouers ook op Facebook hulle stemme vir die koddigste, oorspronklikste hoed kon laat tel. Drie seuns het met die louere weggestap. Hulle is: 1ste - Wianro Coetzer met sy springmieliehoed, 2de - Luwan Coetzer met die wolkhoed en 3de - Wiehan Neethling met die speelkaart-penneblikhoed. Geluk manne!