MISDAADBEKAMPING: Gesamentlike operasie suksesvol!

Posted in Latest News

BRITS POS – HARTBEESPOORT – ‘n Mag van 95 polisiebeamptes het Vrydagoggend, 22 April 2022 by Village Mall in Hartbeespoort bymekaar gekom in ‘n gesamentlike operasie wat Brits, Rustenburg en Hartbeespoortdam ingesluit het en ‘n totaal van 29 polisiestasies.

Hulle is deur die lugvleuel van Potchefstroom en die die SAPS van Rustenburg se berede-eenheid bygestaan. Die doel van die operasie is om die hoë voorkoms van motordiefstal aan te spreek en ook dwelmverwante-misdaad te ondersoek. Hoë sigbaarheid van polisie is ‘n uitstekende afskrikmiddel vir boewe. “Ons bedank Brig Johan Marx van die SAPD-distrik en al die lede wat aan die operasie deelgeneem het,” sê Romano van der Spuy, voorsitter van die GPF Hartbeespoortdam. (Foto: GPF Hartbeespoortdam)