Splinternuwe mediese fasiliteit open in Brits

Posted in Latest News

BRITS POS – BRITS – ‘n Eerste vir Brits (en in die hele kontrei), is die splinternuwe Brits Sub-akuut en Rehabilitasie-hospitaal wat Maandag, 13 Junie 2022 amptelik sy deure vir die publiek gaan open.

In ‘n sub-akute-fasiliteit vind die herstel van ‘n pasiënt ná ‘n akute gebeurtenis of trauma plaas. ‘n Sub-akuut fasiliteit kombineer die tegnologie van ‘n hospitaal met professionele verpleegsorg, maar beskik nie oor teaters nie.
Brits Sub-akuut en Rehabilitasie Hospitaal is meer koste-effektief as verlengde akuut hospitaalverblyf en mediesefondse ondersteun sub-akuut fasiliteite.
Met 24-uur professionele verpleegsorg in ‘n gekontroleerde omgewing, word pasiënte se herstel aangemoedig en word hul vermoë om funksionele onafhanklikheid te verkry bespoedig.
Die rehabilitasiesorg, saam met ‘n multi-dissiplinêrespan werk nou saam met elke pasiënt om die beste resultate te verseker.
Pasiënte en hul families se gemoedsrus is ‘n prioriteit en by Brits Sub-akuut hospitaal is kwaliteitsorg ononderhandelbaar.
Dienste wat gelewer word sluit in:
*Neurologiese rehabilitasie as gevolg van breinbesering, kopbeserings of beroerte.
*Ortopediese rehabilitasie insluitend frakture, post-amputasie, vervangings, sagte weefselbeserings en rugoperasies
*Fisioterapie: rehabilitasie oefeninge om mobiliteit en uithouvermoë te verseker.
*Gespesialiseerde sorg – bloedoortapping, mediese opnames soos vir longontsteking, palliatiewe-sorg, post-operatiewe-sorg, wondversorging en versorging van post-Covid-19-pasiënte
*Arbeidsterapie om pasiënte te help, ongeag hulle toestand om weer deel te neem aan aktiwiteite wat deel was van hulle normale alledaagse lewe. 
*Ontwikkeling en stimulering van pasiënt se selfversorgingsvaardighede, insluitend voeding, aantrek en mobilisasie. Hulp met emosionele aanpassing na besering of siekte.
*Behandeling van kognitiewe beperkings soos geheue- en probleemoplossing.
Brits Sub-akuut Hospitaal kan volwassenes vanaf 18 jaar en ouer akkommodeer. Ons is geleë in Kerkstraat 62A, Brits, oorkant NG Kerk Brits. Vir meer inligting en besprekings skakel 012 252 7043 of epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of besoek ons webwerf by www.britssubacute.co.za en/of FB Brits Sub-Akuut hospitaal.
“Ons glo onwrikbaar in die vermoë en potensiaal van die menslike liggaam en gees om te wil herstel, sê Truidie van Schalkwyk, hospitaal bestuurder.