TROUKIEKIE-KOMPETISIE - Skryf nou in en wen gróót

Posted in Latest News

BRITS POS – BRITS – ‘n Groot kontant bedrag van R10 000 is op die spel vir die troufoto wat Brits Pos se Troukiekie-kompetisie wen.

Indien jy enige tyd sedert die begin van 2020 getroud is, mag jy aan dié kompetisie deelneem: Om in te skryf moet jy vanaf 1 Januarie 2020 tot 30 Junie 2022 die ja-woord gegee het. Die enigste vangplek is dat jy steeds teen die einde van die kompetisie, wat op 31 Augustus sluit, getroud moet wees om vir die prys in aanmerking te kom. ‘n Inskrywing, wat ‘n enkele foto is, kos R66-00 (BTW ingesluit). Jy mag egter soveel foto’s as wat jy wil inskryf. Onthou ook dat jy by slegs een van die Noordwes Koerantgroep se koerante mag inskryf. Hulle is: Brits Pos, Rustenburg Herald, Mahikeng Mail, Noordwester, Klerksdorp Record, Stellalander en Gemsbok. Ook belangrik: Jy moet binne die fisiese verspreidings- gebied van die koerant, waar jy inskryf woon, werk of jy moes in daardie gebied getrou het. Inskrywings sluit 31Augustus en daarna sal lesers op ons webblad, asook op Facebook hul gunstelinge kan kies.
Slegs elektroniese inskrywings sal aanvaar word. Gaan na http://www.northwestnewspapers.co.za/ vir meer inligting.