SDHF wil help met skoolgelde
GEMSBOK-UPINGTON: Die SDHF is gestig met die doel om fondse in te samel vir die boere en gemeenskap in die Noord-Kaap wat geteister word deur die ergste droogte in ‘n lang tyd. Met die insameling van die fondse, wil die Studente Droogte Hulp Fonds hierdie boere help om hul kinders se skoolfondse en tersiere studies te help betaal. Intussen het die SDHFF, saam met die Klipwerf Orkes en die Upington Vryburgers, ‘n heerlike dans gehou om fondse hiervoor in te samel. Die Vryburgers en Spur het 450 steaks gebraai. Eddie Roos het R25 000 ‘n oorhandiging van Lewis gemaak. Klipwerf het ook ‘n CD-kassie geskenk. Dit is ‘n versamelaarsitem met CD’s van Klipwerf vanaf hulle beginjare tot vandag. Dit is werklik iets besonders. Enige donasies is welkom en kan in die volgende rekening betaal word:
SDHF, STANDARD BANK
REKENING NO: 408 2300 45
VERWYSING: SDHF / NAAM EN VAN
Kontak gerus Annemie Baard 072 110 9848 of Celeste Crafford 076 333 2556
To read more, read our 29 November 2019 issue