Man wat hom as SAPD voordoen gevang
GEMSBOK-KATHU: Die Valke in die Noord-Kaap het ‘n man in hegtenis geneem nadat hy homself as ‘n polisiebeampte voorgedoen het en in besit van twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie gevind is.
Owerhede het tydens ‘n multidissiplinêre operasie ‘n gewapende roof opgevolg wat langs die N14-snelweg naby Kathu plaasgevind het.
Tydens die inhegtenisneming van die verdagte het beamptes ‘n reflekterendebaadjie, boeie sowel as ‘n blou noodlig gekry. Vir meer nuus lees ons 18 Desember 2020 uitgawe