Verdagte in verband met transito rooftogte gevang
GEMSBOK-KURUMAN: ‘n 39-Jarige het verlede week voor die Kuruman-landdroshof, na aanleiding van sy inhegtenis-neming in ‘n gesamentlike operasie deur die Valke se ondersoek na ernstige georganiseerde misdaad en SAPS opsproringspan 2020 vir kontant-in-vervoer-verwante misdade, verskyn.
Die verdagte is Dins-dag in Hartswater in hegtenis geneem nadat hy deur die polisie gesoek is.
Hy is na bewering betrokke by ‘n reeks rooftogte wat in 2018 in die omgewing van Kuruman en Pampier-stad plaasgevind het.
Tans is hy positief geïdentifiseer vir sy betrokkenheid by die Kuruman-saak van kontantrooftog waarby twee veiligheidsbeamptes deur ses gewapende verdagtes glo van ‘n onbekende bedrag geld beroof is. .Vir meer nuus lees ons 18 Desember 2020 uitgawe