Duo-verkragters skuldig

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-PRIESKA: Die waarnemende provinsiale kommissaris in die Noord-Kaap, generaal-majoor Henriette De Waal, verwelkom die skuldigbevinding van twee verkragters in die Noord-Kaapse hooggeregshof op 10 Desember 2020 toe die land die 16 dae van aktivisme-veldtog teen geweld van vroue en kinders afgesluit het.

Op 28 Junie 2019 het die oorledene Vanessa Jacobs (33) van uitbreiding 13 in Prieska om 22:00 haar broer se huis verlaat, onderweg na haar huis.

Die volgende oggend omstreeks 08:10 is die naakte bewustelose oorledene op die perseel van die ou openbare werke in Old Upingtonweg ontdek. Vir meer  nuus lees ons  18 Desember  2020 uitgawe