Waarskuwing oor plante sonder permit

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-SPRINGBOK: ’n Man is streng gewaarsku nadat hy Woensdag glo beskermde plante sonder ’n permit vervoer het en by ’n padblokkade op die N7 naby Springbok afgetrek is.

Zandisile Luphahla, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê die man is in besit gevind van Crassula- en Leipoldta-plantspesies wat inheems aan die Springbok-gebied was.

Luphahla het bygevoeg dat meer as 30 voertuie, insluitend vragmotors en motorfietse, gestop en deursoek is tydens die padblokkade op die N7.   Vir meer lees ons 17 Des  2021 uitgawe