VZI verskaf baie nodige droogtehulp vir plaaslike boere

Posted in Gemeenskap

GEMSBOK-POFADDER:  Die aanhoudende droogte duur in tans groot dele van die land, veral in die Noord-Kaap, onverpoos voort. As een van die grootste werkgewers in die Boesmanlandstreek, is Vedanta Zinc International (VZI) bewus van die impak van die droogte in die streek. Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, het onlangs die provinsie tot ‘n rampgebied verklaar weens die impak van die aanhoudende droogte. Net in die Khâi-Ma-streek is ongeveer 500 boere geraak.  Tydens die onlangse roadshow van Vedanta vir die Noord-Kaapse bedrywighede in Oktober 2019, het die plaaslike boer, mev. Hester Maasdorp, hierdie saak met Deshnee Naidoo, uitvoerende hoof van VZI, bespreek en hulp van VZI en Black Mountain Mine gevra.  VZI het ingestem om boere by te staan ​​deur lusernbale, lusernkorrels, droogtepille en veevoerkorrels ter waarde van R2 miljoen te voorsien.  To read more, read our  21 February 2020 issue