Kamieskroon kry nuwe traumakamer

Posted in gemeenskap

GEMSBOK-KAMIESKROON: Die AfriForum-tak in Kamieskroon het gehelp om ’n traumakamer, waar slagoffers van geweldsmisdaad in ’n skoon en veilige omgewing gekonsulteer kan word, op die been te bring.

Dié kamer is onlangs by die SAPD in Kamieskroon geopen en sal deur SAPD-lede en lede van die plaaslike GPF gebruik word.

Die polisiekantoor vra reeds vir ’n klompie jare dat die munisipaliteit só ’n traumakamer in hulle begroting insluit, maar daar het tot op hede niks van gekom nie. Vir meer  lees ons  17 Des 2021 uitgawe