Onnies vir harde werk vereer

Written by Marina Scheepers. Posted in Skole

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord -Kaapse departement van onderwys het verlede week die 2021 Provinsiale Onderwystoekennings  aangebied.

Die toekennings is in 2000 gekonseptualiseer en van stapel gestuur is en vanjaar sy 21ste jaar van implementering gevier.

 Die Noord-Kaapse LUR Zolile Monakali het tydens sy openingsopmerkings die “2019 Aksieplan” bespreek. Ter verwesenliking van skoolopleiding 2030 streef die departement na die voortdurende verbetering van onderwysers, hul vermoëns en vertroue in hul beroep. Dit het ook ten doel om ‘n nuwe groep jong, gemotiveerde en toepaslik opgeleide onderwysers in die onderwysberoep te vestig.

“Op die een of ander manier moes die skoolstelsel aanpas by die huidige voorwaardes vir die aanpassing van onderrigmetodes en uitmuntend werk in hierdie moeilike omstandighede. Opvoeders wat vandag hier is, het sulke kuns bemeester ,” het hy gesê.   Vir   meer skolenuus lees ons 24 September 2021 uitgawe

Uppies plant op Boomplantdag

Written by Marina Scheepers. Posted in Skole

GEMSBOK-UPINGTON: Die spreekwoord lui “ ‘n Goeie boom dra goeie vrugte. “  is voorwaar gepas in Uppieland.

Om Boomplantdag te vier, het die Hoërskool Upington se landbouklas bietjie aangeplant en verander in die skool se tuin.

Hul het oral spekboompies en lemoenbome aangeplant.

Die belangrikste funksie van die dag was egter die uitplant van ‘n lemoenboompie vir hulle geliefde Juf. Martiena Koekemoer wat onlangs oorlede is.

So sal haar nalatenskap sigbaar bly in Uppieland!  Vir fotos en meer skolenuus lees ons 17 September 2021 uitgawe

Hulle steek leesliefde by kinders aan

Written by Elsa Jones. Posted in Skole

GEMSBOK-POSTMASBURG: Jongmense uit alle uithoeke van die land implementeer strategieë vir maatskaplike ontwikkeling om hul gemeenskappe te verander.

Twee sulke mense is Noord -Kaapse geletterdheidsaktiviste, Eunice Blom (34) van Danielskuil en Soul Maruping (27) van Postmasburg.

As aktiewe lede van die Nal’ibali-lees-vir-genot-veldtog, is die hoofdoel van Blom en Maruping om te verseker dat kinders in hul onderskeie gemeenskappe ‘n kans kry om suksesvol te wees in die lewe deur die krag van stories en lees. ”. To read more, read our 10 Sept 2021  issue.

UPDATE: COVID-19 IN NC SCHOOLS

Written by Marina Scheepers. Posted in Skole

GEMSBOK-UPINGTON: The Northern Cape Department of Education has experienced a resurgence in Covid-19 infections in our schools during the past week. There was a sharp increase in COVID-19 infections in schools compared to the previous 3 weeks.

The Department recorded 526 new Covid-19 infections, which includes 54 educators, 439 learners and 33 support staff at schools. We currently have 8 schools closed in the Province due to COVID-19 infections to allow for contact tracing and disinfection of the school premises to be done. Five (5) schools are scheduled to reopen on Monday, 23 August 2021. The pandemic is causing major disruptions in the education sector and the Department is deeply concerned about the loss of learning and teaching time.  For more read our 27 Augustus 2021 edition

Onderwys sê oor derde kwartaal infeksies

Written by Elsa Jones. Posted in Skole

GEMSBOK-UPINGTON:  Die Noord-Kaapse departement van onderwys het ‘n aansienlike afname in COVID-19-infeksies gehad sedert die aanvang van die derde kwartaal op 26 Julie 2021.

Sedert die begin van die derde kwartaal het die departement die afgelope drie weke 213 infeksies aangeteken. Alhoewel die besmettingsyfer steeds laag is, moes drie skole gedurende hierdie tydperk sluit en kon eers heropen op Maandag, 16 Augustus 2021. To read more, read our 20 Aug 2021  issue.