Nuwe president vir Rotariers

Posted in Gemeenskap

GEMSBOK-UPINGTON: Die Rotariers van Upington kon onlangs tydens ‘n spoggeleentheid te Zest Restaurant, hul nuwe intredende President ingehuldig.  President Eduard Mostert neem oor by Andre Faul vir die termyn 2019/2020 en Eduard en Lani Mostert is vol hoop, dryfkrag en inspirasie vir die nuwe termyn.  To read more, read our  02 August 2019 issue

Upingtonner deel van Kokkedoor 3

Posted in Gemeenskap

GEMSBOK-UPINGTON: Oud Upingtonner, SJ Nel, beplan om sy geboorte dorp se naam tydens die derde seisoen van Kokkedoor hoog te hou.

SJ Nel is gebore op Upington in 1983. Hy onthou sy laerskool dae by Oranje-Noord, die goeie onderwysers, kleutersport, swem en speel. Vrydae aande swemgalas, Upington inry flieks, kanaal-swem, kleilat en goeie vriende staan bo aan sy herinneringslys. To read the full story, read 26 July 2019 issue

Groep perderuiters lê klem op ons Erfenis

Posted in Gemeenskap

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Groep perderuiters het verlede week op Upington aangekom na ‘n rit van nagenoeg 612 km. Theunis van Staden van Pretoria het in 2012 saam met drie vriende op hulle perde geklim en van Pretoria af sowat 500km te perd afgelê na Bloedrivier. Dit is hoe die Herdenkingsritte begin het. Herdenkingsritte is ’n nie-winsgewende groep wat te perd sedert 2012 dwarsdeur Suid-Afrika ry, al met die monumente en erfenisgebiede langs om op hierdie unieke manier bewusmaking te probeer skep vir ’n erfenis wat onder druk is en stadigaan besig is om weg te kwyn. To read more, read our  19 July 2019 issue

Help KANSA só op Mandeladag

Posted in Gemeenskap

GEMSBOK-UPINGTON: KANSA Upington Streek gaan weer poog om op hierdie koue Mandela Dag vanjaar aan so veel as moontlik kanker pasiente ‘n pakkie te gee wat hul harte ‘n bietjie warmer sal maak.

Ons vra egter weer ons gemeenskap se ondersteuning om hierdie jaar ‘n baie besondere dag van GEE te maak To read the full story, read 12 July 2019 issue