Munisipaliteit blameer Dept Gesondheid vir agteruitgang van Eiland
GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het na aanleiding van die berig in die Gemsbok van 30 Oktober 2020 oor die agteruitgang van die Eiland Vakansieoord die volgende kommentaar gestuur.
“Gedurende 2019/2020 is daar begin met ‘n program om die Eiland vakansieoord weer op te gradeer deur nodige onderhoudswerk en herstelwerke daar te doen. Teen die begin van die Covid Pandemie in Maart was die Munisipaliteit reeds goed op dreef met die herstelwerke wat op die oord nodig was. Gedurende April was daar ‘n versoek ontvang om die oord beskikbaar te stel aan die Departement van Gesondheid ten einde dit as kwarentyn area aan te wend gedurende die landwye krisis as gevolg van die Covid 19 pandemie. In die lig van samewerkende regering is die oord toe beskikbaar gestel vir hierdie doeleindes en het die betrokke departement die verantwoordelikheid oorgeneem vir die bestuur en onderhoud daarvan aangesien dit ‘n geslote kwarentyn area was en munisipale personeel dus nie daar toegelaat kon word nie,” lui die reaksie wat deur DKM uitgereik is. Vir meer lees ons 20 November 2020 uitgawe