Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-PABALLELO: In ‘n onverwagte kinkel waardig van ‘n TV-misdaaddrama, het polisiebeamptes in Upington se ondersoek die term, “vrugte afgewerp”, na ‘n nuwe vlak geneem toe hulle ‘n voorraad dwelms ontdek het wat – letterlik – in die bome versteek was.
Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sersant Omphile Masegela, het gesê dat die SAPD in Paballelo, op ‘n wenk van ‘n oplettende gemeenskapslid, op die groen wegsteekplek gefokus het, waar hulle tik en dagga in die takke ontdek het, met ‘n geraamde straatwaarde van R246 450.
Alhoewel geen verdagtes op die lowerryke toneel van die misdaad gevind is nie, is ‘n ondersoek geopen  en die polisie sê ondersoeke is aan die gang.
Die distrikskommissaris vir ZF Mgcawu, generaal-majoor Monica Sebili, het beide die vinnige optrede van die beamptes en die gemeenskapslid wat die fluitjie geblaas het, geprys.
Sy het opgemerk dat hierdie vlak van waaksaamheid en spanwerk presies is wat nodig is om die dwelmplaag wat ons gemeenskappe teister, wortel en tak uit te roei.