GEMSBOK-KATHU: Twee van die Hoërskool Kathu se leerders het aan die jaarlikse spelfiësta te Hoërskool Sentraal, aan die Senior-kategorie(graad 10-12) deelgeneem.
Hulle het ongelooflik goed gevaar.
Hoërskool Kathu Modelwerk
Hoërskool Kathu se eie Mej Noord-Kaap Tiener 2023/24, Minke Barendse (gr. 9), het die afgelope skoolvakansie aan SACOPA - South African Championship of Performing Arts - in Rustenburg deelgeneem.
Minke het ‘n goue medalje in die Modelwerk afdeling verwerf en het ook gekwalifiseer vir die SA-Span wat in Julie 2024 aan die Wêreld Kampioenskappe in Los Angeles - in die VSA - gaan deelneem.
NK gereed vir NSS eksamens
GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys kan met vertroue verklaar dat ons ten volle bereid is om die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamens te administreer gebaseer op die beginsels van regverdigheid, geloofwaardigheid en integriteit.
Verskeie programme en planne is in plek gestel om seker te maak dat vanjaar se eksamens glad verloop. Die eindeksamen vir graad 12’s sal op Dinsdag, 24 Oktober 2023 ‘n aanvang neem en op Woensdag, 6 Desember 2023 eindig.
Omvang van die 2023 NSS-eksamen
Altesaam 13 097 voltydse en 2 576 deeltydse kandidate sal die NSS-eksamen by 139 openbare skole, 3 onafhanklike sentrums en 4 distrik gevestigde sentrums skryf.
Vine Academy hou hul heel eerste Opedag
GEMSBOK-KAKAMAS: Vrydag, 13 Oktober sal enigeen wat bygelowig is, se hare laat rys. Veral as hulle hoor dat die Vine Academy and Model Farm op híérdie dag hul heel eerste opedag gehou het.
Maar vir almal wat wonder, die dag was ‘n reuse sukses.
Daar het ongeveer 150 leerders en 20 onderwysers van hoërskole uit Kakamas, Keimoes, Upington tot so ver soos Onseepkans, het die dag op Kakamas bygewoon. Die Academy is ongelooflik dankbaar en bevoorreg oor hoe die dag uitgedraai het.
Nadat die formaliteite in die studiesaal afgehandel is, het almal buitekant in hulle kleurgroepe verdeel en toere gedoen van die koshuis en plaas.
Leerders en munisipaliteit maak dorp skoon
GEMSBOK-KATHU: Die Gamagara Munisipaliteit het verlede week saam met Kathu Curro-leerders ‘n gemeenskapsdienste-veldtog aangepak.
Hierdie inisiatief is saam met die burgemeester, Henriette du Plessis, van stapel gestuur.








