GEMSBOK-KENHARDT: Kenhardt wen die loot en besluit om eerste te kolf in ‘n bewolkte, maar warm Kenhardt son. Northern Lions verloor twee vinnige paaltjies in die 2de boulbeurt.
Vaylen Lombard en harde werk van die span, begin om die beurt te bou. Vaylen eindig in die laaste boulbeurt met 163 van slegs 114 balle, wat insluit 25 grenshoue en een 6. Hy is goed ondersteun deur sy spanmaats met Jevon Adams wat 59 nie uit nie, geeïndig het.
Northern Lions boul toe vir Keimoes Tigers uit vir net 89 met James Slambee wat 3 paal-tjies neem.
Vaylen se telling is ook nou die hoogste vir die klub en die finale telling is ook die hoogste wat ons klub nog aangeteken het.