GEMSBOK-UPINGTON: Swemmers van Upt Swemklub, wat ook trotse Duineveld-leerders is, het die afgelope naweek aan die Upington Prestige Gala deelgeneem.
Hulle het teen sewe ander swemklubs meegeding en met besonderse uitslae weggestap.
Uitslae:
Marlo Lensing –
1 x Silwer | 3 x Brons
Anne Steyl –
4 x Goud | 1 x Brons
Dehan Lubbe –
3 x Goud | 2 x Silwer |
3 x Brons
Gideon Niemand –
8 x Goud | 2 x Brons
Sacha Willemse – 9 x Goud | 2 x Silwer | 3 x Brons
Super 50’s Trofee-toekennings (vir die vinnigste gekombineerde tyd oor 50 m van al vier style):
Dogters 15 jr – Anne Steyl
Seuns 15 jr – Sacha Willemse
Seuns 17 jr – Gideon Niemand









