Jongste Nuus

Nuwe burgemeester vir ZFM gekies

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Tydens ‘n spesiale raadsvergadering verlede week, het die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit se raad sy nuwe uitvoerende burgemeester verkies.

.’n Formele benoeming en geheime stemproses het plaasgevind en die posbekleër, raadslid Maureen Catherine Basson is verkies as die uitvoerende burgemeester van die ZF Mgcawu Distrik Munisipaliteit. To read more, read our 1 July 2022 issue.

DKM sê oor NERSA tariewe

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipaliteit wil die volgende in perspektief plaas op bladsy 3 van die Gemsbok van 24 Junie onder die opskrif : DKM swig vir Nersa oor krag tarieweverhoging, geplaas is.

Die persverklaring sê: Die Nasionale Tesourie verskaf jaarliks ​​riglyne aan munisipaliteit deur middel van “Circulars” oor hoe om hul jaarlikse begroting op te stel.To read more, read our 1 July 2022 issue.

Burgemeester vervals glo dokumente om karre te koop

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die uitvoerende burgemeester van die Z.F Mcgawu Distriksmunisipaliteit, mnr Marius Matthew Louw, en sy vrou, mev Gertrude Louw, is op 17 Junie 2022, op twee aanklagte van bedrog gearresteer en het reeds in die distrikshof op Upington verskyn.

Volgens die Valke se persverklaring is vier verdagtes tussen die ouderdomme van 30 en 51 deur die Direktoraat vir Prioritêre Misdaadondersoek in Upington in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, vervalsing en kwytskelding. To read more, read our 24 June 2022 issue.

Vier vas vir beskermde plante

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KURUMAN: Verlede Dinsdag omstreeks 04:30 is vier mans in Kuruman in hegtenis geneem omdat hulle in besit was van vetplante wat as beskermde spesies geklasifiseer is.

Die geraamde waarde van hierdie beskermde plante beloop R3, 5 miljoen.

To read more, read our 24 June 2022 issue.

Vrou in hegtenis vir mensehandel

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Vrou is verlede week inhegtenis geneem in verband met beweerde mensehandel.

Daar word beweer dat die slagoffers van Upington na Sandton gelok is waar hulle tot prostitusie gedwing is. Die saak teen ‘n 24-jarige vrou, Luzinda Abrahams, is tot Donderdag, 9 Junie 2022 uitgestel. To read more, read our 17 June 2022 issue.

 

Phakisa werp weer vrugte af

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-PORT-NOLLOTH: Die multidissiplinêre inisiatief,   Operasie Phakisa,   is in Port Nolloth, Kleinsee, Vioolsdrift, Groenrivier, Alexanderbaai en ander kusgebiede in die Namakwa-streek uitgevoer.

Onwettige en ongereguleerde oesaktiwiteite en mariene hulpbronne, insluitend infrastruktuur wat aansienlike ekonomiese verliese, werksverliese en impak op voedselsekerheid tot gevolg het, is aangespreek en gepolisieer.

To read more, read our 17 June 2022 issue.

Kleuter na week steeds vermis

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die soektog na ‘n vyfjarige seuntjie in Louisvaleweg, wat nie teruggekeer het huis toe nadat hy gaan speel het nie, duur onverpoosd voort.

Le-Virno Van Wyk is verlede Dinsdag ná skool laas gesien, toe hy gaan speel het, maar hy het nooit teruggekeer huis toe nie. To read more, read our 10 June 2022 issue.

Sakeman vas oor wapens

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n 46-jarige Upington besigheidsman het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy Vrydagoggend in hegtenis geneem is, glo omdat hy na bewering onwettig in besit en handel dryf in vuurwapens en ammunisie ter waarde van miljoene rande.

Die bekende sakeman, Christiaan Klindt, is die eienaar van ‘n winkel wat spesialiseer in vuurwapens, ammunisie, bevoegdheidsopleiding, vuurwapenlisensie-aansoeke, skiet, jag en buitelugtoebehore.

To read more, read our 10 June 2022 issue.

Oorgrensoperasie lewer resultate

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die Interprovinsiale oorgrensoperasie is verlede week tussen die Wes-, Oos- en Noord-Kaap gehou.

Hierdie geïntegreerde benadering het alle SAPD-eenhede, Provinsiale en plaaslike Munisipale Verkeersdepartemente, SAID, SANPARKE, Binnelandse Sake (Doeane- en Immigrasiebeamptes) en ander departemente binne die Veiligheid- en Sekuriteitkluster ingesluit.

To read more, read our 10 June 2022 issue.

R4,4 biljoen Roggeveld windplaas-projek

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-SUTHERLAND: Die LUR verantwoordelik vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, mnr. Abraham Vosloo, het saam met die adjunkminister van minerale bronne en energie dr. Nobuhle Nkabane die Roggeveld-windplaas van R4,4 miljard amptelik buite Sutherland bekendgestel.

To read more, read our 10 June 2022 issue.

Cong Kerk vier hul 120ste jaar

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington Congregational Kerk vier vanjaar hul 120ste bestaansjaar.  Die tema is, “We will keep our faith alive”. Verskeie funksies sal en is alreeds gedurende die verloop van die jaar aangebied.

Op Saterdag, 14 Mei het die Kerk ‘n baie groot basaar gehou, wat die grootste was van alle voriges. To read more, read our 10 June 2022 issue.