Jongste Nuus

Polisieman kry 18 jaar

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-SPRINGBOK: Konst Caiphus Hinana, van Port Nolloth, is Vrydag in die Upingtonse hof skuldig bevind aan moord en tot 18 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

 Hinana het sy Upingtonse meisie, Genoveve Assegaai , gedurende Mei 2019 op die sokkerveld in Bergsig, naby Springbok, wreed vermoor 

To read more, read our 4 Maart 2022 issue.

Noord-Kaap moet so groei

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, het Donderdag die provinsiale-rede (SOPA) op Upington gelewer.

Saul meen Suid-Afrika en die Noord-Kaap vereis plaaslike en buitelandse investe-ring om die ekonomie te laat groei. To read more, read our 4 Maart 2022 issue.

Waterkrisis in Kakamas

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KAKAMAS: Die  departement van water en sanitasie (DWS) is die afgelope week versoek om Kai !Garib-munisipaliteit se ernstige gebrek aan waterbestuur in Kakamas te ondersoek.

Dit kom omdat modderige water, dikwels stinkend en soms besmet is met rooi wurms, deur inwoners se krane bly vloei. To read more, read our 25 Feb 2022 issue.

 

Multimiljard haweprojek aangekondig

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-PORT-NOLLOTH: ’n Multimiljardrand-projek om ’n hawe in die Noord-Kaap te bou sal na verwagting broodnodige ekonomiese verligting vir die provinsie bied.

Die hawe, wat deur Premier Zamani Saul as ‘n “spelwisselaar” beskryf word, sal na verwagting by Boegoebaai naby Alexanderbaai gebou word. To read more, read our 25 Feb 2022 issue.

Upington nie toeganklik vir gestremdes

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Vrae of die plaaslike munisipaliteit bloot onaangeraak of selfs skaam is vir sy gestremde gemeenskap, het die laaste tyd weer opgevlam, nadat toeganklikheid van die dorp se sakesentrum na dekades nog nie vir die gestremdegemeenskap beskore is nie.

To read more, read our 18 Feb 2022 issue.

Sakkie help kampeerders

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-GROBLERSHOOP: Sakkie Spangenberg het verlede week kampeerders by Boegberg gehelp om van hul voertuie ens. Uit die water te trek. Volgens Sakkie is die gesin tydens die afgelope maande se stygende vloedwater onkant betrap, toe ‘n wal naby hul kampeerplek breek en hulle met voertuie en kampeertoerusting en al daar vaskeer

.  To read more, read our 18 Feb 2022 issue.

Kakamas skool word ondersoek

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KAKAMAS: Die Noord-Kaapse departement van onderwys sê hy is bewus van die aantygings wat teen die skoolbeheerliggaam van die Hoërskool Kakamas gemaak is.

“Ons distrikskantoor het ‘n ondersoek met betrekking tot die bewerings van stapel gestuur en maak bestendige vordering,” so het Geoffrey van der Merwe gese. To read more, read our 11 Feb 2022 issue.

Nog ‘n verdagte met beskermde plante betrap

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-SPRINGBOK: ‘n Roetine polisie-optrede het gelei tot die arrestasie van ‘n 35-jarige manlike verdagte vir die onwettige besit en vervoer van beskermde plante.

 Die verdagte was vanaf Pofadder op pad na Springbok en het na bewering ‘n swart sak met die beskermde plante uit die voertuig gegooi, voordat hy deur SAPD-lede van die pad gevang is.

To read more, read our 11 Feb 2022 issue.

Nog twee tronk toe vir Brits moord

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse hooggeregshof in Upington het twee mans lewenslank agter tralies gevonnis vir die moord op die Pofadder-hotelier Leon Brits.

Enrich Williams (35) en Amatle Bareki (25) is skuldig bevind aan die moord op Brits op 7 Oktober 2020.

To read more, read our 11 Feb 2022 issue.

Home stretch for the completion of N14 Kathu intersections

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KATHU:  Construction will commence in the next two months on the uncompleted intersections on the N14 between Olifantshoek and Kathu, which have caused much frustration to road users.

 Following an exhaustive procurement process, as directed by government’s Preferential Procurement Policy Framework Act, the South African National Roads Agency SOC Limited (SANRAL) yesterday handed over the project to the new contractor to complete the outstanding works over the next 12 months. To read more, read our 4 Feb 2022 issue.

Water plat af na hoogtepunt

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Nadat die vloei van water verlede week uit die damme wat die Oranjerivier voed, minder gemaak is, het die watervlakke geleidelik begin sak.

Hoewel die water gesak het, was daar skade orals langs die rivier - in ‘n mindere of meerdere mate

To read more, read our 4 Feb 2022 issue.