Jongste Nuus

Larries needs information

Posted in Jongste Nuus

The Laerskool Rustenburg is celebrating its 100th anniversary this year. This will coincide with a big event in appropriate style and fashion later this year. In preparing  for this, the school needs interesting stories (folklore) of long ago (about ex personnel, teachers, principals, officials, parents, legendary figures etc etc), up to currently which will help the school give the necessary recognition to as many people as possible for their contribution towards the school’s rich history, culture and achievements over the past century! The school calls upon the community to support this effort wholeheartedly and to come forward with your ideas and stories  – share your memories and experiences of this quite unique school with us… Send your contributions to This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Baartman in hof vir bedrog

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-SPRINGBOK: ‘n Noord-Kaapse politikus en voormalige munisipale bestuurder van die Nama Khoi-munisipaliteit, Nevie Aubrey Baartman, saam met  twee maatskappydirekteure het in die landdroshof in Springbok verskyn op aanklagte van bedrog van R79,9 miljoen.

Dit kom nadat Baartman, tans die leier van die Economic Freedom Fighters in die Noord-Kaap, saam met sy medebeskuldigdes op 2 Junie dagvaardings ontvang het deur die Valke se ondersoekspan vir ernstige korrupsie, wat hulle gedwing het om voor die hof te verskyn. To read more, read our 2 July 2021  issue.

Seun se lyk in riooldam gekry

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-DANIëLSKUIL: Die gemeenskap hier is erg getraumatiseer nadat die lyk van ‘n vermiste seun in ‘n riooldam in  Daniëlskuil gevind is.

Na ‘n soektog van ongeveer 24 uur, is die lyk van die 13-jarige in die rioolwater agter die nuwe erwe in Thlakalathlou gevind.

 Die gesin van die graad 6-leerder is glo deur ‘n groep kinders, wat deel was van ‘n soekgeselskap na sy liggaam ontbied. To read more, read our 2 July 2021 issue.

VUT Upington-kampus sluit

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON:  Die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) het verlede week aangekondig dat hulle die universiteit se Upington-kampus na 27 jaar gaan sluit.

Die impak van die COVID-19 op die land se ekonomie en die verandering in die hoëronderwyslandskap, het die VUT se pogings om die Upington-satellietkampus effektief te laat voortgaan, beïnvloed. Daarom is aanbeveel dat die Upington-kampus gesluit word en dat personeel, studente en die universiteitsbates na die Vanderbijlpark-kampus oorgedra word.  To read more, read our 25 June 2021  issue.

14 na Phakisa gearresteer

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-PORT-NOLLOTH: 14 Persone is verlede week na afloop van ‘n multidissiplinêre inisiatief, Operasie Phakisa,  in Port Nolloth, Kleinzee en Groenrivier gearresteer.

Fokusareas wat tydens die operasie aangespreek is, het onwettige aktiwiteite in verband met mariene verwante misdade en onwettige sandmynbou ingesluit. To read more, read our 25 June 2021  issue.

Ma en seun sit koppe bymekaar vir boekreeks

Posted in Jongste Nuus


GEMSBOK-UPINGTON: Micheal Segede, burgemeester van die Dawid Kruiper Munisipaliteit het olangs sy begrotingsrede ter tafel gelê. Hy het begin deur die raad te herinner dat die huidige Covid 19-pandemie ‘n erge en negatiewe uitwerking op die ekonomiese vooruitsigte van die Munisipaliteit Dawid Kruiper het.
Segede sê die ontwikkeling van die plaaslike ekonomiese ontwikkelingstrategie en -plan is van kritieke belang om hierdie doel te bereik.
Die munisipaliteit moet glo meer stukke grond identifiseer wat beskikbaar gestel word vir besigheidsontwikkeling.
Die beleid vir hulpbehoewende steun van die munisipaliteit is hersien om te verseker dat dit maklike implementering bevorder en misbruik van die beleid voorkom.
Die belangrikste uitdagings wat tydens die samestelling van die MTREF 2021/2022 ondervind word, kan soos volg opgesom word: Vir meer lees ons  18 Junie 2021 uitgawe

Keimoes SAPS slaan toe op twee dwelmhandelaars

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die meedoënlose pogings van lede van Keimoes SAPD se sigbare polisiëring eenheid om dwelms van die strate te verwyder, het vrugte afgewerp nadat hulle twee mans Vrydag in Lennertsville by Keimoes in hegtenis geneem het.
Op 11 Junie 2021, omstreeks 14:00, het sers George Dreyer en konstabels Vuyo Nxusani en Martin Khahle patrollies gedoen toe hulle inligting oor dwelmhandelaars in Lennertsville ontvang het.
Die lede het die inligting opgevolg wat hulle na ‘n huis in Khayalitsha-straat gelei het.  Vir meer lees ons  18 Junie 2021 uitgawe

Polisie waarsku teen oop vlamme

Posted in Jongste Nuus

images/stories/images/2021/18june2021/Brand berig.jpgGEMSBOK-PABALLELO: Die SAPD hier waarsku die publiek om paraat te wees met oop vlamme en verwarmers gedurende die wintertyd, nadat ‘n man doodgebrand het.
Die waarnemende stasiebevelvoerder van Paballelo, lt kol Pretorius, betreur die voorval waar ‘n 50 jarige man in ‘n plakkershut in Khambulestraat in Paballelo doodgebrand het.
Blykbaar het die s brand omstreeks 18:40 ontstaan die middag ontstaan.
Die brandweer is gekontak om te help om die brand te blus, maar die plakkershut was reeds in ligte laaie en is bykans oombliklik in puin gelê.
Nadat die vlamme geblus en die terrein veilig verklaar is, is die brandtoneel ondersoek en het hulle ‘n lyk in die agterkamer gevind. Vir meer lees ons  18 Junie 2021 uitgawe

Miljoene se dwelms gevind

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KAKAMAS: Die Suid-Afrikaanse polisie se  ZF Mgcawu-distrikspan  het verlede week tydens klopjagte in Kakamas miljoene rande se dwelms in beslag geneem.

Die waarnemende ZF Mgcawu-distriksbevelvoerder, Brig Johnny Besnaar, het die ZF Mgcawu-distrikspan geprys wat dwelmoperasies gedurende die vroeë oggendure van 04 Junie 2021 in Augrabies en Kakamas op dwelmhandelaars uitgevoer het. To read more, read our 11 June 2021  issue.

Stiefpa kry lewenslank vir verkragting

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KURUMAN:  Die waarnemende provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, generaal-majoor Johan Bean, verwelkom die lewenslange vonnis wat verlede week in die streekhof in Kuruman aan ‘n 50-jarige stiefpa opgelê is.

Die skuldigbevinding en vonnis kom nadat die stiefpa op 4 Junie 2017 sy 12-jarige stiefdogter na die kamer gelok het met beloftes om ‘n speletjie te speel. To read more, read our 11 June 2021  issue.

Dwelmoperasie in die ZF Mgcawu Cluster raap sewe verdagtes op

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: 'n Gesamentlike operasie waarby rolspelers, soos die ZF Mgcawu sigbare polisiëringspan, Upington SAPS K9-eenheid, Upington-grenspolisie en Kakamas-speurders betrokke was, het die dwelmhandel in die distrik 'n geweldige knou toegedien.

Die informasiegedrewe dwelmklopjagte het van Maandag 24 Mei 2021 tot Donderdag 27 Mei 2021 in Upington, Rosedale en Kakamas plaasgevind.

Die polisie het sewe verdagtes in hegtenis geneem en op bykans R700 000  se mandrax en dagga beslag gelê.

Die verdagtes word aangekla van die handel in dwelms en dagga en moet binnekort in die hof verskyn.  Vir meer lees ons  4 Junie 2021 uitgawe