Nuus: Plaaslik

Man betrap met jagluiperd en leeu-bene

Posted in Tuis

GEMSBOK-KURUMAN - ‘n 42-jarige Botswana-burger sal na verwagting in die Kuruman-landdroshof  verskyn in verband met onwettige aktiwiteite waarby beskermde spesies betrokke is .

Luidens ‘n verklaring van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek het die Valke die verdagte Vrydag in hegtenis geneem ná ‘n “ontwrigtende operasie nadat inligting opgeduik het dat die verdagte voornemens het om ‘n lewendige jagluiperd en leeubene aan ‘n potensiële koper in Suid-Afrika te verkoop”.

To read more, read our  20 December 2019 issue

SDHF wil help met skoolgelde

Posted in Tuis

GEMSBOK-UPINGTON: Die SDHF is gestig met die doel om fondse in te samel vir die boere en gemeenskap in die Noord-Kaap wat geteister word deur die ergste droogte in ‘n lang tyd. Met die insameling van die fondse, wil die Studente Droogte Hulp Fonds hierdie boere help om hul kinders se skoolfondse en tersiere studies te help betaal.  Intussen het die SDHFF, saam met die Klipwerf Orkes en die Upington Vryburgers, ‘n heerlike dans gehou om fondse hiervoor in te samel. Die Vryburgers en Spur het 450 steaks gebraai. Eddie Roos  het R25 000 ‘n oorhandiging van Lewis gemaak. Klipwerf het ook ‘n  CD-kassie geskenk.   Dit is ‘n versamelaarsitem  met CD’s van Klipwerf vanaf hulle beginjare tot vandag. Dit is werklik iets besonders.   Enige donasies is welkom en kan in die volgende rekening betaal word:

SDHF, STANDARD BANK

REKENING NO: 408 2300 45

VERWYSING: SDHF / NAAM EN VAN

Kontak gerus Annemie Baard 072 110 9848 of Celeste Crafford 076 333 2556

To read more, read our 29 November 2019 issue

Skool het toilette, ondanks gerugte

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-PABALLELO: Die Noord-Kaapse onderwysdepartement het berigte ontvang oor die Paballelo Primêre Skool in Upington, wat daarop dui dat 900 leerders die 2020 akademikus sonder enige toilette begin het. Hierdie beweringe is verkeerd, aangesien leerders gedurende die afgelope week toegang tot ablusiegeriewe gehad het. Hoewel nie alle fasiliteite in werkende toestand is nie.    To read more, read our  24 January 2020 issue

Groot sukses by Nakop grenspos

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-NAKOP: ‘n Motorbestuurder sonder rybewys is  met ongeveer R840 000 dwelms by die Nakop grenspos vasgetrek. Dit nadat ‘n  swart Volkswagen Polo op Woensdag, 15 Januarie 2020 omstreeks 01:20 by die Nakop-grens aangedoen het om die grens oor te steek.      To read more, read our  24 January 2020 issue

ZFM treur na burgemeester se skielike afsterwe

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die ZF Mgcawu Distrik Munisipaliteit het verneem van die afsterwe van sy uitvoerende burgemeester mnr Jan Johannes Jacobus Olyn. Mnr. Olyn was onder meeste mense liefdevol bekend as Roy Olyn. Dit is met hartseer dat ons die nuus van sy ontydige dood ontvang het op  Saterdag, 18 Januarie 2020. Raadslid Olyn het die Distrik Munisipaliteit met lof en lewenskragtigheid gedien. Hy het ‘n magdom ondervinding…To read the full story, read our 24 Januarie 2020 issue