Nuus: Plaaslik

Seun wat onnie vermoor kry 12 jaar tronkstraf

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KURUMAN: ‘n  Graad 8-leerling  wat sy onderwyser tot die dood gesteek het omdat hy hom in ‘n vak gedruip het, is tot 12 jaar agter tralies veroordeel. Die kantoor van die direkteur van openbare vervolging het gesê die 17-jarige het die Engelse onderwyser by die Bosele skoolkoshuis naby Kuruman in Januarie verlede jaar aangeval. Die tiener is skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer, kwaadwillige beskadiging van eiendom en diefstal, het Phaladi Shuping, woordvoerder, gesê. To read the full story, read our  31 May 2019 issue

Upington man in hof oor Ietermagog velle

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die 34-jarige, Francois Gerome Bok, het verlede week vlugtig in die Upington-landdroshof ‘n kort verskyning gemaak, nadat hy in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van ietermagog-velle en skubbe.

Die Valke se  natuurbewaringspan het ‘n soektog-en-beslaglegging-operasie in die Upington-gebied uitgevoer, nadat ‘n wenk ontvang is dat daar ‘n voertuig is wat bedreigde spesieprodukte vervoer. To read the full story, read our  31 May 2019 issue

Motorkapers vasgetrek

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-ROSEDALE:  Die vinnige optrede van lede, verbonde aan D-skof by Rosedale SAPS, het gelei tot die spoedige arrestasie van  drie vermeende motorkapers. ‘n Vierde verdagte is op Sondag, 2019-05-26, gearresteer.

Die arrestasies van die verdagtes spruit voort uit ‘n voorval op Saterdag, 2019-05-25, waar ‘n winkeleienaar in Neusbergstraat, Rosedale, deur vier  mans oorval is en van sy Nissan 1400 bakkie en winkel voorraad ter waarde van R15 000, 00, beroof is. To read the full story, read our 31 May 2019 issue

Vier Chinese swaar gestraf oor beskermde plante

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-SPRINGBOK:  Die Noord-Kaapse polisiekantoor het die Springbok-veediefstal en bedreigde spesie-eenheid, misdaadintelligensie, nasionale vervolgingsgesag (NVG), insluitende die Departement van Justisie (DoJ), toegejuig nadat vier Chinese burgers skuldig bevind en gevonnis is vir die oortreding van die Noord-Kaapse Natuurbewaringswet 9/2009 Artikel 50.

 Yu Shi, Zeng Zang, Li Wei en Junbo Liu, is op 6 Mei 2019 in hegtenis geneem tydens die gesamentlike operasie, gelei deur misdaadintelligensie en die Springbok-veediefstal en bedreigde spesie-eenheid op die N7 naby Kamieskroon, nadat hulle in besit van beskermde vetplante met ‘n beraamde waarde van R1,5 miljoen betrap is. Die beskuldigdes het die Noord-Kaapse Natuurbewaringswet 9/2009, afdeling 50, oortree. To read the full story, read our 31 May 2019 issue

Man wat 7-jarige verkrag vas

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-CALVINIA: ‘n Grootskaalse soektog, wat geloods is nadat ‘n vermoedelike verkragter arrestasie ontduik het, het baie gewenste resultate opgelewer. Die soektog is op Sondag 19 Mei 2019 na die verkragting van ‘n 7-jarige meisie van stapel gestuur. Die 7-jarige meisie het glo in haar ouma se tuin gespeel toe die verdagte haar onder die boom gegryp en verkrag het. Die verdagte het na die beweerde verkragting van die toneel gevlug. To read the full story, read our 31 May 2019 issue