Nuus

Drie gewapende rowers gearresteer

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die stasiebevelvoerder van Upington SAPD, brigadier Sampie Koopman het lede, wat vinnig op ‘n gewapende roofsaak gereageer het, geprys.

Drie verdagtes tussen 23 en 36 jaar oud het na bewering ‘n snoepwinkel in Raaswater ingeval en twee buitelandse burgers, aangerand en gedreig het met ‘n vuurwapen.

Die twee slagoffers was glo die eienaars van die snoepwinkel.

Hulle het onder andere  kontant, sigarette en ‘n selfoon gevat en van die toneel gevlug. Vir meer lees ons 28 Augustus 2020 uitgawe

Drie in hegtenis weens huisroof

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KURUMAN:  Drie verdagtes tussen 39 en 30 jaar oud  het in die Kuruman-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof, besit van gesteelde eiendom en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Na bewering het ‘n groep gewapende rowers Saterdag by die Kathu Mall in Markhams ingestorm en daarin geslaag om met selfone, klere en kontant weg te kom.

Sondag is ‘n ander  Markhams winkel beroof en is dieselfde modus operandi gebruik. ‘n Aantal selfone is gesteel.  Vir meer lees ons  28 Augustus 2020 uitgawe

R541 450 se dagga deur oplettende SAPD gevind

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Die waaksaamheid van die polisie hier het verlede week gelei tot ‘n groot dagga verwante deurbraak.

Gedurende die vroeë oggendure van Donderdag 20 Augustus 2020 het die Covid-19 A-skof, onder bevel van luitenant-kolonel George Jafta, onverpoosd gewerk om patrollies in die hele Upington uit te voer, om sodoende die regulasies af te dwing en te verseker dat ons strate veilig is.

Terwyl hulle besig was met  patrollie op die N10-pad, het lede dagga langs die pad se kant ontdek, wat 77,35 kg weeg met ‘n geskatte straatwaarde van R541 450, 00. Geen arrestasie is gedoen nie en ‘n ondersoek is geopen vir nadere ondersoek .. Vir meer lees ons  28 Augustus 2020 uitgawe

Twee keer lewenslank vir Baatjies moordenaars

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-POSTMASBURG:  Die vyf vermeende moordenaars van wyle Johannes Baatjies en sy vriend, mnr. Jeffrey Nouse, is Vrydag in die Kimberly-hof swaar gestraf.

 Hul vonnisse wissel van 18 jaar tot lewenslange gevangenisstraf vir die gruwelike misdade wat teen die slagoffers gepleeg is.

Baatjies was ten tyde van sy ontydige dood ‘n verkose raadslid vir die Demokratiese Alliansie.

  Richard Hasane, Frank Baxane,  Zonizelo Magawu, Charles Mphondomisa en Matthews Legodu is daarvan skuldig bevind dat hulle saamgesweer het om Baatjies dood te maak. Die motief vir die moord was om te verseker dat Johannes Baatjies verhinder word om as DA-raadslid ingesweer te word. Vir meer lees ons 28 Augustus 2020 uitgawe

Geen besoeke aan DHS

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON:  In ooreenstemming met die wet of rampbestuur en omdat die aantal positiewe gevalle van Covid-19 in die provinsie toeneem, dien dr. Harry Surtie-hospitaal op Upington as een van net twee staatshospitale wat Covid-19-positiewe pasiënte toelaat en behandel.

‘n Kennisgewing wat die afgelope week op die hospitaal se sosiale media geplaas het, dui aan dat “om die veiligheid van pasiënte, gesondheidsorgwerkers en die publiek te verseker”, besoektye na die fasiliteit opgeskort word.

Geen lid van die publiek sal toegelaat word om ‘n pasiënt of familielid in die hospitaal te besoek tot verdere kennisgewing nie. Vir meer lees ons 28 August 2020 uitgawe