Nuus

Multimiljard haweprojek aangekondig

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-PORT-NOLLOTH: ’n Multimiljardrand-projek om ’n hawe in die Noord-Kaap te bou sal na verwagting broodnodige ekonomiese verligting vir die provinsie bied.

Die hawe, wat deur Premier Zamani Saul as ‘n “spelwisselaar” beskryf word, sal na verwagting by Boegoebaai naby Alexanderbaai gebou word. To read more, read our 25 Feb 2022 issue.

Upington nie toeganklik vir gestremdes

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Vrae of die plaaslike munisipaliteit bloot onaangeraak of selfs skaam is vir sy gestremde gemeenskap, het die laaste tyd weer opgevlam, nadat toeganklikheid van die dorp se sakesentrum na dekades nog nie vir die gestremdegemeenskap beskore is nie.

To read more, read our 18 Feb 2022 issue.

Sakkie help kampeerders

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-GROBLERSHOOP: Sakkie Spangenberg het verlede week kampeerders by Boegberg gehelp om van hul voertuie ens. Uit die water te trek. Volgens Sakkie is die gesin tydens die afgelope maande se stygende vloedwater onkant betrap, toe ‘n wal naby hul kampeerplek breek en hulle met voertuie en kampeertoerusting en al daar vaskeer

.  To read more, read our 18 Feb 2022 issue.

Kakamas skool word ondersoek

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-KAKAMAS: Die Noord-Kaapse departement van onderwys sê hy is bewus van die aantygings wat teen die skoolbeheerliggaam van die Hoërskool Kakamas gemaak is.

“Ons distrikskantoor het ‘n ondersoek met betrekking tot die bewerings van stapel gestuur en maak bestendige vordering,” so het Geoffrey van der Merwe gese. To read more, read our 11 Feb 2022 issue.

Nog ‘n verdagte met beskermde plante betrap

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-SPRINGBOK: ‘n Roetine polisie-optrede het gelei tot die arrestasie van ‘n 35-jarige manlike verdagte vir die onwettige besit en vervoer van beskermde plante.

 Die verdagte was vanaf Pofadder op pad na Springbok en het na bewering ‘n swart sak met die beskermde plante uit die voertuig gegooi, voordat hy deur SAPD-lede van die pad gevang is.

To read more, read our 11 Feb 2022 issue.