Nuus

Gordonia slagter slaan weer toe

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die man wat bekend staan as die Gordonia Slagter, Devon Ovies (32), het verlede week op aanklag van poging tot moord in die hof hier verskyn.

Ovies, wie in 2015 ’n verpleegsuster van Upington doodgesteek, haar maag oopgesny en haar ingewande verwyder het, het sy 38-jarige suster by hul huis in Concordia gesteek. To read more, read our 21 Jan 2022  issue.

Nege met plante vasgetrek

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-SPRINGBOK: Nege verdagtes is die afgelope week vir die besit van onwettige vetplante, in twee onderskeie voorvalle in die Namakwa- en Boesmanland,  inhegtenis geneem.

 Op 13 Januarie 2022 omstreeks 05:00 het die lede van Springbok Veediefstal en Bedreigde Spesies-eenheid, Springbok K9 en Springbok Hoofwegpatrollie vyf manlike verdagtes op die N14 naby Springbok gearresteer.

To read more, read our 21 Jan 2022 issue.

Drie polisielede en ‘n buitelander weens korrupsie in hof

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-PABALLELO: Drie  polisiebeamptes en ‘n Kongolese burger is van korrupsie en roof aangekla nadat hulle na bewering R10 000 van ‘n buitelander probeer afpers het.

Grace Langa, woordvoerder van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (Opod), het gesê die groep het na bewering die man se huis in November verlede jaar besoek op soek na dwelms..   Vir meer lees ons  14 Jan 2022 uitgawe

Veedief loop hom vas op grens

Posted in Jongste Nuus

Die waarnemende distrikskommissaris van ZF Mgcawu, kolonel Peet Coetzee, het lede van SAPD by die Gemsbok Grenspos toegejuig vir ‘n uitstekende werk en opsporing van vee wat na bewering uit Botswana gesmokkel is. Die grensposbevelvoerder het inligting ontvang oor ‘n manlike persoon wat diere uit Botswana smokkel en dit glo in sommige gebiede naby die grenspos verkoop het. .   Vir meer lees ons  14 Jan 2022 uitgawe

Man maak of hy SAPD is om diamante te verkoop

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-POFADDER: Die SAPD se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekeenheid, die Valke, het ‘n 53-jarige verdagte hier op aantygings van bedrog, korrupsie, besit van ongeslypte diamante en die verpersoonliking van ‘n polisiebeampte, gearresteer.

Volgens die Valke se Nomthandazo Mnisi beweer ‘n klaer dat ses verdagtes , wat beweer het dat hulle polisiebeamptes is, gedurende Desember 2021 hom tydens ‘n beweerde diamanttransaksie bedrieg het. .   Vir meer lees ons  14 Jan 2022 uitgawe