Nuus

Waarskuwing oor plante sonder permit

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-SPRINGBOK: ’n Man is streng gewaarsku nadat hy Woensdag glo beskermde plante sonder ’n permit vervoer het en by ’n padblokkade op die N7 naby Springbok afgetrek is.

Zandisile Luphahla, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê die man is in besit gevind van Crassula- en Leipoldta-plantspesies wat inheems aan die Springbok-gebied was.

Luphahla het bygevoeg dat meer as 30 voertuie, insluitend vragmotors en motorfietse, gestop en deursoek is tydens die padblokkade op die N7.   Vir meer lees ons 17 Des  2021 uitgawe

Drie dood na sersant begin skiet

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ‘n voorval  waarin ‘n polisiebeampte sy vrou doodgeskiet, haar vermeende minnaar gewond en toe homself om die lewe gebring het.

Opod-ondersoekers was glo reeds Saterdag op pad na die toneel om die oorsaak van dood as gevolg van polisie-optrede te ondersoek. To read more, read our 10 Des 2021  issue.

Dwelms per koerier vervoe

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-UPINGTON: Na aanleiding van ‘n groot intelligensie-gedrewe operasie deur die polisie hier blyk dit asof ‘n spesifieke koerierdiens ‘n baie omvattende diens lewer.

Die taktiese intelligensie-gedrewe operasie het enorme suksesse opgelewer, nadat dwelms ter waarde van meer as R2 miljoen in Upington beslag gelê is. To read more, read our 10 Des 2021  issue.

Twee vas vir handel in reptiele

Posted in Jongste Nuus

GEMSBOK-ASKHAM: Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming LUR, Mase Manopole, het die arrestasie van twee Duitse burgers, wat naby Askham vasgetrek is vir die onwettige handel en besit van reptiele en beheerde middels, verwelkom. Die mans is in hegtenis geneem ná die steekoperasie in besit van verskeie reptiele gevind, asook ‘n paar gram heroïen. To read more, read our 26 Nov 2021  issue.

SAPD slaan toe op onwettige voertuie

Posted in Jongste Nuus

http://www.northwestnewspapers.co.za/gemsbok/index.php/nuutste-uitgaweGEMSBOK-UPINGTON: Wetstoepassers in die Noord-Kaap is besig om ‘n toestroming van onwettige voertuiginvoere in Suid-Afrika vas te vat.

Verskeie operasies wat onwettige voertuie teiken, het tussen September en November regoor die provinsie plaasgevind, genaamd Network RS5, Operasie Vulindlela, Network Operation Francina, Network Operation Ditloung en Network Operation Bo Yellow.

To read more, read our 26 Nov 2021  issue