Emma uitgenooi na SA Vroue Ope

Posted in Sport

GEMSBOK-UPINGTON: Die SA Junior Geslote Skaaktoernooi, waar die deelnemers SA kleure in skaak kan ver-werf, is gedurende Julie 2021 aanlyn oor drie naweke gespeel.

Emma Botha, ‘n leerder van die Hoërskool Duineveld, het deelgeneem aan hierdie skaaktoernooi.

Tydens die uitdunne het die beste 32 spelers in elke afdeling in die land mekaar die stryd aangesê vir ‘n plek in die uitkloprondtes van die kompetisie. Vanuit hierdie finale been is die beste spelers per afdeling aangewys, wie dan SA gaan verteenwoordig op internasionele vlak.

Emma het net-net die top 16 gemis in haar afdeling! Sy is egter uitgenooi om aan die SA Vroue Ope deel te neem. Vir meer sport lees ons  27 Augustus 2021 uitgawe.