Upingtonner speel vir Franseklub

Posted in Sport

“Die Namibiese internasionale openingspeler van twee wêreldbekertoernooie het in alle nederigheid in Puy-en-Velay aangekom. Dis liefde met die eerste oogopslag tussen ‘n kampioen met ‘n innemende persoonlikheid en ‘n gesinsklub. Saam mik hulle na die opgang na die Federal 2 liga”. so skryf die Franse rugby-klub wat Theuns Kotze, plaaslike rugbyster, afrigter en oud leerder van Hoërskool Upington, oorreed het om weer sy rugbytoks aan te trek.

Met sy kommunikatiewe glimlag onder sy dun Movember snorretjie  het Theuns  al die hele COP Rugby klub verlei.

Hierdie 34-jarige speler het almal verras deur sy eenvoud en vriendelikheid. Vir meer lees ons 17 Des 2021 uitgawe.