Howzat Rayvian

Posted in Sport

Rayvian Wessels, kranige sportman van die Hoërskool Duineveld, is gekies vir die Noord-Kaap Platteland o/17-span wat aan die SA Plattelandtoernooi deelgeneem het gedurende Desember 2021.

Die toernooi is gehou  by Kearsney College in Pietermaritzburg. To read more, read our 18 Maart 2022 issue.

 

Voories by Seodin sportdag

Posted in Sport

GEMSBOK-UPINGTON: Op die Voorpos het verlede naweek aan Laerskool Seodin se sportdag opKuruman deelgeneem. Spelers, afrigters en ouers kon nie wag om na amper twee jaar van geen rugby- en netbalwedstryde weer op en langs die velde en bane te wees nie.

Voorpos het goeie rekenskap van hulself gegee en goeie rugby en netbal is gespeel deur die onderskeie spanne. To read more, read our 18 Maart 2022 issue.

HMO tops in tennis

Posted in Sport

Danel Hayes van die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas, het gedurende Desember 2021 tydens die 0/17-ZFM-proewe al haar wedstryde gewen en as nommer een-ZFM-speler uit die stryd getree. In Februarie  het Danel aan die  Noord Kaap-proewe deelgeneem en weereens al nege 0/17-meisies gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.  Sy is ook hier as nommer een tennisspeelster vir dogters onder 17 aangewys.   Danel is ‘n toegewyde dogter wat baie hard oefen. To read more, read our 11 Maart 2022 issue.

Nege van Kathu in tweekamp

Posted in Sport

Die Hoërskool Kathu se tweekampspan het   aan die Griekwalandwes tweekamp kampioenskappe in Upington deelgeneem. Daar het nege van hul leerders die Griekwalandwesspan, wat die 1ste en 2de April 2022 gaan deelneem aan die SA nasionale tweekamp kampioenskappe in Port Elizabeth, behaal.  To read more, read our 11 Maart 2022 issue.