Upington Toyota Junior Gholfdag
GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington Toyota Junior Gholfdag vir Augustus is onlangs op Upington Gholf baan gespeel.
Die koue en Covid het gebyt aan die deelnemers en het daar slegs 5 spelers opgedaag.
Die dag word maandeliks aangebied en bied aan alle gholf spelers onder 18 jaar geleentheid om blootstelling aan kompetisie gholf te kry.
Kontak gerus vir Bertie Steenkamp by 079 799 5311 as julle wil speel. Dit is gewoonlik op ‘n Donderdag middag van 15h00 tot 18h00.
Deelname is gratis. Die wenners vir die dag was Bernard (1ste plek), Zack (2de) en Joshua (3de). Op die foto verskyn WH Gresse (Upt Toyota) & Bertie Steenkamp saam met die spelers. Vir meer sport lees ons 3 September 2021 uitgawe.