Hy haal Guiness Wêreld Rekord
GEMSBOK-UPINGTON: Neels de Waal, wat in 2005 aan die Hoërskool Duineveld matrikuleer het, kan nou ‘n Guiness World Rekord agter sy naam skryf.
Dit gaan oor die maksimum afstand afgelê op ‘n fiets op rollers in 12 ure. Heeltemal onbewus van ‘n bestaande rekord, het hy aan die begin van 2019 besluit om as deel van sy voorbereiding vir die Cape Town Cycle Tour (Cape Argus), te kyk of hy vir 12 ure lank op rollers sal kan ry en watter afstand hy sal kan bereik. Dit het hy toe gedoen met sy resiesfiets by sy huis in Bellville. Enkele weke later krap hy toe op die internet rond en sien dat daar reeds ‘n Guiness rekord was van 12 ure oor 507,5km. Hy het dus hierdie rekord met minder as ‘n kilometer gemis. Toe weet hy dat hy dit ook sal kan regkry.
‘n Jaar se oefening het gevolg en in samewer-king met Guiness World Rekord se hoofkantoor in London, pak hy toe sy rekordpoging aan op 20 Maart 2020 (toe reeds in Covid-tyd). Jy stop net gou as jy bv. toilet toe wil gaan, verder moet jou eet- en drinkgoed byderhand wees of vir jou aangegee word terwyl jy fietstrap. Vir meer sport lees ons 24 September 2021 uitgawe.