Optimum Winter Duathlon
GEMSBOK-KEIMOES: Die tweede been van die Optimum Winter Duathlon reeks is onlangs op Keimoes by Ou Skool Gastehuis aangebied.
Die Covid en koue het maar sy tande ingeslaan en dit lyk of die atlete nie tans fiks genoeg is om die duathlons aan te pak nie. Die mans wedloop was spannend en Pieter Laubscher druk die uiteindelike wenner, Petrie Hanekom tot op die einde.
By die dames het die jeug geseëvier en is Thea Bergh net te sterk vir Hannerie Boshoff op die laaste draf been. Die spanne is deur die twee veterane Jan Taute en Carel Burger gewen wat wys dat ervaring soms nog ‘n bietjie tel. To read more, read our 20 Aug 2021 issue.